die gebreekte snaar mense was dit wat die snaar vir my gebreek het daarom het die plek vir my só geword as gevolg daarvan omdat hulle die snaar gebreek het en ek die trillende geluid deur die lug nie meer kan hoor nie. daarom voel die plek nie meer vir my soos die plek eens vir my gevoel het nie as gevolg daarvan want die plek voel asof dit sommerso oopstaan omdat die snaar gebreek is vir my daarom voel die plek vir my vreemd as gevolg daarvan Diä!kwain Uit: "die sterre se ‘tsau’ /Xam-gedigte … gekies en versorg deur Antjie Krog  
|