die halssnoer (uit die storie van die luiperd en die skilpad) sy sien ‘n jagter sy vra hom om haar te salf om ‘n klein bietjie vet aan haar te smeer aan haar nek net bokant die sleutelbeen hy salf haar en toe hou sy hom vas sy hou hom daarom styf vas en die man se hande begin ontbind in haar nek daarom ontbind sy vlees, sy vel en sy naels net die beendere bly agter omdat die man sy hande ontbind in haar nek !Kweiten-ta-//ken Uit: "die sterre se ‘tsau’ /Xam-gedigte … gekies en versorg deur Antjie Krog 
|