Ladybird - 'n Herinnering aan my moeder Glans oker En 'n lig breek Uit die see. In die agterplaas erens tussen die wasgoed en 'n boom vol granate jou lag en die oggend skielik en klein soos 'n liewenheersbesie geval op my hand deur Ingrid Jonker: Versamelde Werke Posted 10 June 2005, www.face.org.za, author: Ingrid Jonker.  
|